Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 9 Maart

7. Het jy tyd gemaak?
Skep asem!
Vandag se mense is behep met tyd. Ons hardloop rond met ons een oog op die horlosie en die ander op ons taaklysie. Soos die malhaas met die hoed op in Alice in Wonderland jaag ons ons malle verstand af na wie weet wat. “Moenie my tyd mors nie!” of “tyd is kosbaar” is deel van ons daaglikse woordskat. Ons meet mense selfs in “man-ure”.
Ons verbeel ons tyd behoort aan ons. Ons sal besluit wanneer en vir hoe lank. Die fabriekswerker word gereguleer deur die sirene terwyl die wekker ons almal se baas is. Die ironie is dat tyd ʼn kosbare geskenk uit die hand van God is wat aan ʼn dun draadjie hang wat enige tyd geknip kan word. Dis reg dat ons ʼn dringendheid oor tyd ervaar want tyd kan nie uitgekoop word nie. Dit vraag is net: waaraan spandeer ons ons tyd.
As God wil
Tydsbesteding kry eers sin as dit ooreenstem met jou waardes. As jy dit wat vir jou belangrik is voorrang laat geniet, en jy jou tyd dienooreenkomstig beplan, sal jy minder konflik oor tyd ervaar. Die Psalmdigter rig ʼn tydige versoek namens ons wanneer hy vra: Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom (Ps.90:12).
Jy kan nie die verlede verander nie. Niks keer jou egter om jou tyd van vandag af beter te bestuur nie
Gebed vir vandag
Here, tyd is ʼn gawe wat U aan ons gee om na goeddunke te gebruik. Help my om dit met verantwoordelikheid te gebruik .
Vers ʼn dag
My dae loop vinnig soos 'n wewerspoel, die draad raak gou op. Dink daaraan, God, dat my lewe maar net 'n asempie is. Job 7:6 – 7a

Is daar iets waaroor jy graag wil gesels of meer wil lees? Stuur gerus ʼn e-pos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

God skryf jou geskiedenis oor in sy hemelse handskrif
Previous article: Vers n dag - 8 Maart Prev Next article: Vers n dag - 5 Maart Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.