Vers n dag - 8 Maart
6. Waar arende vlieg …
deur Hennie Symington
Trots kom voor ʼn val
Mense hou daarvan om stil te staan by die hoogtepunte in hulle lewe. Dis vir ons heerlik om die oorwinnings in ons gedagtes te herleef en die glorie oor en oor te smaak. Maar pas op, die spreekwoord sê nie verniet trots kom tot ʼn val nie.
Daar is niks wat ʼn mens so vinnig terugbring aarde toe as die besef dat ons almal voete van klei het nie, selfs die beste onder ons. Kyk maar na koning Saul. Dit is die verhaal van ʼn man van wie groot dinge verwag is en wat jammerlik misluk het omdat aansien en mag na sy kop toe gegaan het. Hy sterf uiteindelik ʼn tragiese dood en van sy eens glorieryke loopbaan bly daar niks oor nie. Die verhaal van Saul se opgang en verval is pakkende leesstof self vir moderne lesers van die Bybel.
Die hartseer is dat mense ʼn kort geheue het wanneer dit by die hoogtepunte kom. Die laagtepunte onthou hulle veel langer. In ʼn wêreld waar tyd geld is en selfs geringe foute jou duur te staan kan kom, is dit belangrik om jou voete vierkantig op die grond te hou. Dis is die geheim vir sukses.
Hou kop deur hoogte- en laagtepunte
Ons geestelike lewe gaan ook deur dieptes en hoogtes. Bergtopervarings is nie die norm nie; die eintlike stryd begin elke oggend opnuut. Om die geloof te behou deur dik en dun – dis die geheim van volhoubare sukses.
Gebed vir vandag
Here, dankie dat U my herinner aan my trots wat my blind maak vir nederigheid. Dankie vir die hoogtepunte en help my deur die dieptes. Amen.
Vers ʼn dag:
Omdat jy die woord van die Here verwerp het,
het Hy jou as koning verwerp.1 Sam. 15:23
Toe sê Samuel vir hom: “Die Here het die koningskap van Israel nou van jou afgeskeur en dit gegee aan jou naaste wat beter is as jy.†1 Sam. 15:28
Wie homself gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemel. Matt. 18:4