Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 10 Maart

Gebed – “Soos bloed, so is (dit) vir my.”
1. Gebed is die lewensbloed van die siel
Hennie Symington
Skep ʼn skuiling
Ons siele is honger. Ons siele smag geestelike vertroeteling, nie na aan allerhande foefies nie. Om jou gees te vertroetel beteken om jou hart ontvanklik te maak vir verwondering, eerbied en dankbaarheid. Dit is die vermoë om van die aardse na die sakrale te beweeg binne jou daaglikse bestaan. Dit is die vermoë om in jou binneste ʼn skuiling te skep – ʼn skuiling waar jy God kan ontmoet.
Hoe bou ek ’n skuiling in my hart?
* Deur te mediteer en jou besig te hou met die dinge van God.
+* Deur gebed wat seker die oudste vorm van geestelike inoefening is. Dit bring jou in kontak met iets groter buite jouself.
* Deur jou in geestelike leesstof te verdiep wat jou geestelike horison kan verbreed.
* Deur tyd in die natuur - die tempel van God – deur te bring en bewus te raak van God as die voortdurende bron van lewe.
Maak tyd om gebed deel van jou lewensasem te maak.
Gebed vir vandag:
Here ek vertroetel my liggaam, maar vir my eie siel is ek ʼn vreemdeling. Help my om weer kennis te maak met dit wat die wese van my bestaan is.
Vers ʼn dag
Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind
en die beskerming van die Almagtige geniet,
hy sê vir die Here: “U is my toevlug en my veilige vesting,
my God op wie ek vertrou.” Ps. 91:1 -2

 

God skryf jou geskiedenis oor in sy hemelse handskrif
Previous article: Vers n dag - 11 Maart Prev Next article: Vers n dag - 8 Maart Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.