Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 11 Maart

2. Gebed is tweerigtingverkeer
Hennie Symington
Wat is gebed?
Is dit kommunikasie in die gewone sin van die woord waar informasie tussen twee partye uitgeruil word? Maar as ek glo dat God alwetend is en my ingang en my uitgang ken, watter inligting is daar wat ek aan God kan verskaf wat Hy nie reeds van bewus is nie?
En as daar in Matteus 6  staan dat God weet wat ek vir hom wil sê nog lank voordat ek dit vir hom gesê het, wat is dit sin van gebed? Maak my gedagtes saak vir God? Luister Hy na my of is gebed maar net ʼn manier m my diepste gevoelens te ontlaai?
Gebed is ʼn goddelike intimiteit
Miskien moet ons gebed nie sien as ’n lysie van behoeftes en gedagtes nie, maar as ʼn oomblik waarin God sy teenwoordigheid met ons wil deel. Dink daaraan as ʼn oomblik waar ʼn vader kom kyk hoe gaan dit met sy kind en sy kind op sy beurt aan sy groter Pa kan vertel wat alles in sy lewe gebeur. En al weet die Pa presies wat jy vir hom wil wys, tel Hy jou nogtans op sy skoot en kyk met oneindige liefde en geduld na dit wat jy vir hom wil wys. Dis oomblikke soos hierdie wat ʼn intimiteit tussen God en sy kind skep – genotvolle oomblikke – nie net vir jou nie maar ook vir God. Dis ʼn uitdrukking van ʼn verhouding so intiem soos die van ʼn ouer met sy kind Nee meer, dis die raakpunt tussen God en mens, hemel en aarde.
Gebed vir vandag
U ken elke behoefte van my hart daarom vra ek dat U behoefte aan my teenwoordigheid voor U aangesig bekend maak. Dankie dat U ʼn Vader is wat luister.
Vers ‘n dag
Daar is nog nie ‘ʼn woord op my tong nie, of U, Here weet wat dit gaan wees. Ps.139:4

Soos ʼn wildbok smag na waterstrome, so smag ek na U, o God. Ps.42:1

God skryf jou geskiedenis oor in sy hemelse handskrif
Previous article: Vers n dag - 12 Maart Prev Next article: Vers n dag - 10 Maart Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.