Vers n dag - 15 Maart
4.     As gebed ’n slegte gewoonte is
Hennie Symington
Â
Word groot!
“Liewejesusekiskleinmaakmyhartjiereinamen†of iets in diervoege is omtrent die omvang van sommige van ons se daaglikse gebede – ‘n formule wat ons sommer uit bygeloof aframmel, nie heeltemal seker of God luister nie. Ons doen dit vir die wis en die onwis sonder om regtig te glo dat die ’n verskil in ons lewens maak.
Â
Vir baie van ons is gebed net ‘n middel tot ‘n doel. Ons is lief om te sê: “Ek bid maar het nog nie antwoord teruggekry nie. Ek hoor niks van God nie.†Ons vergeet God het sy Woord aan ons bekend gemaak deur die geskiedenis – in jou persoonlike geskiedenis sowel as die van die wêreld waarin ons leef. Ons moet daarop ingestel wees om dit raak te sien.
Â
Die Onse Vader immer nuut
Christene bid die “Onse Vaderâ€-gebed al vir meer as tweeduisend jaar en steeds bly dit tydloos. Op ’n doodeenvoudige manier se dit alles wat ’n mens nodig het oor gebed. Ons weet aan wie ons ons gebed rig, ons gee erkenning aan God as ons Vader wat buite ons werklikheid bestaan. Dit gee ’n duidelike riglyn oor dankbaarheid en vergifnis en bevestig dat U ons Vader is van toe af tot in ewigheid.
Gebed vir vandag
Here, U het geen erg aan gebede wat uit gewoonte afgerammel word soos ‘n towerspreuk nie. Gee dat die woorde van my mond en die meditasies van my hart aanvaarbaar sal wees vir u.
Â
Vers ʼn dag
Wanneer julle bid, moet julle nie soos die heidene 'n stortvloed van woorde gebruik nie. Hulle verbeel hulle gebede sal verhoor word omdat hulle baie woorde gebruik. Moet dan nie soos hulle maak nie, want julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra. Matt.6:7 - 9