Vers n dag - 16 Maart
5.     As gebed te kort skiet
Hennie Symington
Om Vadersnaam bid net!
Ons smag almal na ‘n buitengewone ervaring wanneer ons bid terwyl ons glo dis iets wat net beskore is vir die heel vromes, die heiligstes onder die heiliges. Natuurlik is daar iets soos ‘n mistieke ervaring, maar dit is net een aspek van gebed. In die Onse Vader het Jesus vir ons gewys hoe alledaags en naby aan ons eie bestaan gebed kan wees.
Â
Bid sonder ophou al is jou gebed net: “Here, ek kan nie bid nie. My gebed slaan teen die plafon vas.†Of: “Here, Ek weet nie eens of U regtig bestaan nie. Kom my ongeloof te hulp.†Bid net, al voel jy soos die arme tollenaar wat in die verste hoek staan en bid want ons God is getrou al raak ons langs die pad ontrou.
Gebed jou tweede taal
Gebed moet ons tweede taal wees. Dit moet so nou verweef wees met ons gedagtegang dat ons nie altyd weet wanneer dit begin en wanneer dit ophou nie. Enigiemand wat jou wil wysmaak dat gebed iets meer of iets minder is, is besig om God se gawe aan die mens, te beperk tot iets wat net vir ‘n uitgesoekte groepie mense bedoel is.
Â
Gebed
Here ek voel soms of my gebed net tussen die mure van my hart bly staan. Kom binne Heer, en maak my hart oop vir die vir die taal wat U praat.
Vers ’n dag
“Twee mense het na die tempel toe gegaan om te bid. Die een was ‘n Fariseër en die ander een ‘n tollenaar.â€Â Lukas 18:10