Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 15 Mei 2012

Veertig dae wat die wêreld geruk het

Neville Turley

Ná sy dood het Hy aan hulle met baie onbetwisbare bewyse ook getoon dat Hy lewe. In die loop van veertig dae het Hy by verskeie geleenthede aan hulle verskyn en met hulle oor die dinge van die koninkryk van God gepraat. Handelinge 1:3

Daar is baie mense, selfs vandag nog, wat nie glo dat Jesus fisies opgestaan het nie. In die gelykenis van Lasarus en die ryk man verduidelik Jesus dat as hierdie mense nie na Moses en die profete luister nie, hulle nie oortuig sal word nie al sou iemand uit die dood opstaan. (Lukas 16:31)

As Jesus in die graf gebly het, was die Christelike geloof niks anders as 'n dwaling nie. (1 Korintiërs 15:17)  Die waarheid is egter dat Christus die dood oorwin het en dat hy in die loop van 40 dae aan sy volgelinge verskyn het om hulle te oortuig dat dit waarlik Hy is en dat Hy leef. Hy het selfs aan hulle bewyse getoon dat sy opgestane liggaam tekens van sy lyding dra.

Hy het hulle van die realiteit van sy opstanding oortuig.  Maria Magdalena het Hom herken aan die manier wat Hy met haar gepraat het, ander het Hom herken toe Hy die Skrif aan hulle uitgelê en toe Hy die brood gebreek het.

Terwyl sommige van die dissipels hierdie nuus hoor, het Jesus self meteens aan hulle verskyn. Hulle het geweldig geskrik en gedink hulle sien 'n gees. Hy het hulle egter verseker: ">

Die Bybel sê hulle was vol blydskap en verwondering, hierdie was werklik hulle Jesus in die vlees. Daarna sê Hy vir hulle: “Dit is die betekenis van die woorde wat Ek vir julle gesê het toe Ek nog by julle was, naamlik dat alles vervul moet word wat in die wet van Moses en in die profete en psalms oor My geskrywe is. Toe open Hy hulle verstand om die Skrif te verstaan.” (Lukas 24:44-45)

Jesus het geweet hoe uiters belangrik dit was vir sy volgelinge om waarlik te glo dat Hy uit die dood opgestaan het en dat hulle wat in Hom glo ook uit die dood opgewek sal word.

Diegene wie se moed hulle tydens sy lyding en dood begeef het, het nou weer hernieude moed en rigting gehad. Terwyl die idee om te sterf hulle, soos seker vir die meeste van ons, afgeskrik het, het die dood self vir hulle geen vrees meer ingehou nie. Al die apostels (behalwe een) het die dood in die gesig gestaar, maar dit het hulle nie afgeskrik nie.

Besiel deur die opgestane Christus en bekragtig deur die Heilige Gees het hulle die evangelie, die verhaal van Christus se lewe, sterwe, opstanding en hemelvaart, tot aan die einde van hulle lewens verkondig. Christus het opgestaan. Hy het waarlik opgestaan.

Gebed: Hemelse Vader, skenk aan ons wysheid en genade om die wonderlike verhaal van verlossing deur u Seun, ons Verlosser, met ander te deel. In Jesus se Naam. Amen.

Previous article: Vers n dag - 16 Mei 2012 Prev Next article: Vers n dag - 14 Mei 2012 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.