Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 18 Mei 2012

Op pad huis toe – Deel II

Neville Turley

Terwyl Hy weggaan en hulle nog stip na die hemel kyk, het daar skielik twee mans in wit klere by hulle gestaan. Dié sê toe vir hulle: “Galileërs, waarom staan julle so na die hemel en kyk? Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het.” Handelinge 1:10-11

Daardie boodskap geld vandag steeds vir ons. Jesus sal terugkom. Die dissipels het besef daar is werk om te doen.  Die Bybel vertel ons dat hulle toe terug is Jerusalem toe. In die stad aangekom, is hulle na die bovertrek toe waar hulle gewoonlik vertoef het. Handelinge 1:12-13

Die Bybel sê nie onomwonde dat dit dieselfde bovertrek was as die een waar hulle die laaste keer die paasmaaltyd saam met Jeus geëet het nie en waar hulle hulleself na sy dood uit vrees vir die Jode toegesluit het nie.  Indien dit was, moes hulle nou mooi herinneringe gehad het. In hierdie bovertrek het die opgestane Jesus aan hulle verskyn en gesë: "Vrede vir julle" en dit is waar Tomas Jesus se wonde gesien en gevoel het en toe gesê het: “My Here en my God!”

Die plek is egter nie belangrik nie, maar dit wat die dissipels gedoen het, wel. Hulle het almal eensgesind saam met 'n aantal vroue, onder andere saam met Maria, die moeder van Jesus asook saam met sy broers volhard in die gebed en bly wag vir die krag van die Heilige Gees.

Dit is belangrik dat ons hulle voorbeeld volg en bid dat deur die krag van die Heilige Gees ons ook getuienisse vir ons Here Jesus Christus sal wees.  Jesus het uit die dood opgestaan en Hy sal weer kom.  Intussen het sy volgelinge, ek en jy, werk om te doen.

Gebed: Almagtige God, gee dat die krag van u Gees ons in staat sal stel om u wonderlike liefde met ander te kan deel.  Ons bid dit in die Naam van u Seun, ons Verlosser. Amen.

Previous article: Vers n dag - 21 Mei 2012 Prev Next article: Vers n dag - 17 Mei 2012 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.