Vers n dag - 18 Maart
Wanneer pyn en smart my daaglikse brood is
Berigte van pyn en lyding
Ons ontvang daagliks berigte van pyn en lyding in die terugvoer op die versndag-webblad wat ʼn mens werklik aan die hart ruk.
Â
Baie van die seer word ervaar deur mense wat ontmagtig en hulpeloos voel in hulle omstandighede wat dikwels veroorsaak word deur hulle eie doen en late of deur omstandighede buite hulle beheer. Hulle voel hulle het dit nie verdien nie of het nie daarvoor gesoek nie. En baie keer is dit seker waar.
Begin by jouself
Omdat ons so menslik is, hou ons daarvan om die rede vir ons pyn en smart buite onsself te soek terwyl ons dikwels self die oorsaak van die hartseer in ons lewe is. Elkeen van ons het die reg om keuses oor ons lewe te maak. En dikwels is dit die verkeerde keuse. Ons vergeet om ons kinders die verskil tussen reg en verkeerd te leer en kla as hulle die pad byster raak; ons is ontrou aan ons huweliksmaats of ons laat toe dat hulle ons vertrap; ons maak van geld en goed ʼn afgod en verwaardeloos ons geestelike waardes. As ʼn ramp ons as gevolg van ons optrede tref, kan ons nie omdraai en God blameer nie.
Â
God tel die stukkies op
Dit beteken nie dat jy van God verlate is of aan jou eie lot oorgelaat is nie. God is ʼn liefdevolle geduldige Vader wat mensekinders verstaan. Hy maak heel waar Hy kan. En omdat Hy ons so graag wil beskerm, het Hy Seun gestuur om ons las te dra. Hy sterf sodat jy kan leef.
Â
Gebed vir die dag:
Here, ek voel so uitgelewer aan my lot. Gee my insig en wysheid om anders te kyk na my omstandighede. Ek is nie ʼn slagoffer nie Here, maar ʼn oorwinnaar in U. ‘
Vers 'n dag
U het aan ons trane vir kos gegee en ons 'n beker vol verdriet laat drink. Ps 80:5
“ …Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. 4 Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Open. 21:3