Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 7 Junie 2012

Jou 24/7 Metgesel

Skrifgedeelte: Joh 16:7,8

Carina Francke

"...en as Hy kom, sal Hy sal die wêreld oortuig van sonde en geregtigheid en oordeel."

Drie dinge wat die Heilige Gees, die Raadgewer kom doen: Om die wêreld te oortuig van sy sonde - dat hulle aan die verkeerde kant staan.  Hierdie sonde is ongeloof in Jesus, (v9) en daarom is daar geen sprake van 'n verhouding met God en geen Raadgewer in jou nie.  Die wêreld se ongeloof bewys dus die erns van sonde -  nie 'n  "sondelys" soos ons beweer nie. Maar ons geloof en die inwonende  Heilige Gees maak ons instrumenteel om Jesus aan mense bekend te stel deur ons getuienis en 'n leefwyse wat Hom vereer. Maar uiteindelik bly dit die Heilige Gees wat mense oortuig van sonde en die belydenis daarvan.

Tweedens oortuig Hy mense van geregtigheid, m.a.w. van hulle "reg-wees" of "vryspraak" van hulle sonde as hulle in Jesus glo. Al is Jesus dus nie meer sigbaar teenwoordig nie omdat Hy by sy Vader is, is Hy tog in woord en krag teenwoordig. Omdat die Gees nou in ons as gelowiges woon en ons die Woord as maatstaf vir die waarheid gebruik, kan ons instrumenteel wees om geregtigheid aan mense te vertel en en te demonstreer.  Dit bly egter steeds die Heilige Gees wat oortuig.

Derdens sorg die Heilige Gees dat mense bewus word dat hulle onder dieselfde oordeel staan as hulle baas, die regeerder van hierdie wêreld. (v11). Hy het sy magsposisie verloor met Jesus se koms aarde toe (14:30) en Hy is buitentoe gedryf (12:31). As ek en jy leef en optree vanuit die krag van die Heilige Gees in ons, word ons vir die wêreld 'n ego van húlle sonde van ongeloof;  'n bewys dat daar wel 'n nuwe lewe in Jesus is en dat oordeel die voorland is van enigiemand wat die Vader, Seun en Heilige Gees misken. Maar terselfdertyd doen ons 24/7 Metgesel, die Heilige Gees juis ook deur ons geloof, ons "aan die regte kant" wees en ons "vry-wees" 'n oproep op hulle om hul lewens te verander.

Gebed: Hemelse Vader, help my om  fyn na die stem van die Heilige Gees te luister sodat ek kan onderskei as die mense op my pad nodig het om die onsigbare werk van die Heilige Gees sigbaar in my lewe te sien. Amen

Previous article: Vers n dag - 8 Junie 2012 Prev Next article: Vers n dag - 6 Junie 2012 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.