Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 18 Junie 2012

Hy In Jou....Jy Oorwin in swaarkry

Carina Francke

Teksvers: Joh 15:19-21

As gelowiges in 'n gebroke wêreld beleef ons ook teleurstellings, hartseer en selfs vervolging. Ja, sommige van ons verloor selfs ons werk, ons huise en geliefdes. Dis dan wanneer ons vra "Hoekom?" en wonder waar die 24/7 Metgesel dan is wanneer 'n mens Hom nodig het.

Beproewinge moet egter nie vir ons vreemd  wees nie, want Jesus, ons Leier het ook krisisse in Sy lewe ervaar, daarom sê Hy: "As hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg.  As hulle My woorde ter harte geneem het, sal hulle ook julle s'n ter harte neem. ( Joh15:20)

Jesus gee 'n enkele redes hiervoor: Hy is vervolg en omdat  gelowiges aan die Here behoort en sy Naam bely,  sal hulle  ook vervolg en gehaat word. Waarom? Want die wêreld ken Hom nie. (v19, 21)  Soos gesien kan word uit die lys van swaarkry-dinge soos hierbo gelys, lewer die lewe ook sy (reuse) bydrae.  Maar hoe dit ookal sy, beproewinge het onder andere ten doel om die egtheid van ons geloof te toets(1Petr1:7).  Hoe gouer ek en jy dus vrede maak met die onvermydelike en begin leer hoe om swaarkry te hanteer, hoe gouer en makliker sal ons ten spyte van stryd, in oorwinning kan leef. 

Want oorwinning oor die dinge wat jou platslaan, ís moontlik. "Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het." (Rom 8:37) Jy sien, die Gees in jou word die waarborg dat sy krag 24/7 in elke omstandigheid tot jou beskikking is. Hy is die Lig in jou wat in jou donkerste tye steeds helder brand, wat die oorwinning reeds vir jou behaal het en wat medelye met jou kan hê. Jou verantwoordelikheid? Staan geplant in jou  geloof in Hom en skyn skyn die Lig van sy Woord om  elke aanslag van dir vyand op jou gees en gesonde verstand te weerstaan.

Marcelle Auclair het gesê: "As jy in 'n donker vertrek moet sit, gee jy tog nie die duisternis van die nag die skuld nie.  Nee, jy sorg dat daar 'n lamp is.  Steek oral in die donker hoeke van jou lewe 'n lamp op."

Jesus is die Lig in jou wat deur jou skyn om die duisternis te verdryf sodat bekommernis en vrees vir onseker vandags en môres nie jou visie op oorwinning in Hom verdonker nie.

Gebed: Dankie dat U my lig en hulp in swaar tye is en dankie dat U nie ver is nie, U is in my! Amen

Previous article: Vers n dag - 19 Junie 2012 Prev Next article: Vers n dag - 15 Junie 2012 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.