Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 26 Junie 2012

Jou geskenk: Sy Naam

Carina Francke

Teksvers: Psalm 20:2; Spreuke 18:10

In antieke tye veral, is besonder betekenis geheg aan die naam wat aan iemand gegee is. Dit sou iets van jou persoon of afkoms kommunikeer.

Jesus se naam sê presies wie Hy is: "die Christus, die Seun van die lewende God" (Matt 16:16). Dit is die naam wat Hy aan ons as geskenk gegee het vir onder andere beskerm- ing,  as instrument vir oorwinning, en om Sy werke op aarde te doen.

Psalm 20:2,8: "Mag die Naam van die God van Jakob u beskerm!  Sommige roem op strydwaens en ander op perde, maar óns sal roem op die Naam van die Here onse God." Dawid staar oorlog in die gesig, maar besef dat wapens alleen nie die oorwinning kan gee nie - God alleen kan! Daar is ook geen ander beskerming as die Naam van die Here nie omdat: "Die Naam van die Here 'n sterk toring is, (kan) die regverdige daarin hardloop en beskut word." (Spr 18:10)

'n Beeld wat by my opkom om die gedagte van in Sy naam inhardloop te demonstreer, is

die van 'n reuse elastiese bal wat by herkenning van Christengelowiges sy ondeurdring- bare membraan momenteel verander na 'n deurloopmembraan. Die Naam van die Here is egter die toegangskode en jou geloof in Hom, die onsluiter van die membraan om beskerming te geniet.

Dieselfde beginsel geld wanneer Jesus se Naam gebruik word om Sy werk op aarde te doen. Petrus gaan staan stil by 'n kreupel man en sê vir hom: "In die Naam van Jesus Christus, die Nasarener, staan op en loop!" Die gevolg? Die man word gesond en begin God prys vir sy genesing.(Hand 3:6) Petrus gee die verduideliking hiervan aan die verbaasde omstanders: ".....deur die geloof in Sy naam het sy Naam hierdie man.....sterk gemaak, en die geloof wat deur Hom is, het hom hierdie volkome gesondheid gegee."   Hand 3:16

Ek en jy as gelowiges kan ook aanspraak maak op hierdie goddelike beskerming, genesing en oorwinning, maar dan moet ons glo dat Hy die Christus, die seun van die lewende God is.

Gebed: Here, om my dreig gevaar en beleef ek net mislukkings en nederlae. En dit laat my ineenkrimp. Ek hardloop vandag met geloof in U Naam in.  Amen

Previous article: Vers n dag - 27 Junie 2012 Prev Next article: Vers n dag - 25 Junie 2012 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.