Vers n dag - 6 September 2012
'n Ongemaklike bondgenootskap
Xanthe Galanis
Doen maar kwaad, volke, julle sal inmekaar stort! Luister, al julle ver plekke van die aarde! Maak maar klaar vir die geveg, julle sal inmekaar stort! Maak maar klaar vir die geveg, julle sal inmekaar stort! Smee maar planne, dit sal verydel word! Pleeg maar oorleg, daar sal niks van kom nie! God is by ons!
Jesaja 8:9-10
In gister se 'vers-'n-dag' het ons van Jesaja se profesie oor die val van die bondgenootskap tussen Sirië en Israel gelees. (Jesaja 7:7-9). Nou profeteer hy weer oor dieselfde geleentheid. Jesaja neem 'n stuk leer en hy skryf daarop: "Plunder en roof is naby". Dit was 'n openbare boodskap, een wat almal kon lees en verstaan. (Jesaja 8:1-4). Jesaja het toe nie geweet dat dit die naam sou wees van sy seun wat nog gebore moes word nie.
Plunder-en-Roof-is-Naby is die langste naam in die Bybel en die betekenis daarvan spreek van self. Die seuntjie wat hierdie naam gekry het sou almal aan die boodskap van die Here herinner. Binne 'n paar maande sou die Assiriërs Damaskus en Samaria binneval en al hulle die rykdom buit.
Plaas jouself in koning Agas se skoene. Gister het ons gelees dat hy besluit het om eerder die Koning van Assirië as vir God te vertrou. Hy gebruik die versierings van die tempel om die Assiriese koning om te koop om sy vyande, Sirië en Israel, vir hom te verslaan.(2 Konings 16:8) Die Koning van Assirië het aan sy versoek voldoen en ek kan my indink dat Agas heel tevrede met homself was. Agas kon egter nie die Assiriërs beheer nie en hulle geweld en verwoesting lei uiteindelik ook tot die vernietiging van Juda.
Maar hoekom het Jesaja die seuntjie se naam nog voor sy geboorte op 'n stuk leer geskryf vir almal om te kan lees? Jesaja se profesie was 'n bewys dat die Here in beheer is, en nie Agas se strategieë en die militêre mag van die Assiriërs nie.
Was jy al in 'n posisie soos die van koning Agas? Was daar al 'n keer waar jy op jouself of op iemand anders vertrou het en sake het reg verloop? Miskien het jy toe gedink dinge het reg verloop danksy die invloed van iemand anders en nie danksy die krag van God nie.
Vandag, soos ook in die tyd van Jesaja, word onbeheerbare omstandighede steeds deur God beheer. Moenie die voorbeeld van diegene wat teen God is, volg nie. In alle omstandighede bly God in beheer.
Gebed: Hemelse Vader, ons leef in so 'n onseker wêreld en omdat ons soms bang is vir die toekoms maak ons op ander mense staat en vertrou nie op U nie. Help my vandag om op U en op u planne vir my toekoms te vertrou. Amen