Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 7 September 2012

'n Wonderlike belofte

Xanthe Galanis

Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. Jesaja 9:5

Hierdie Skrifgedeelte word dikwels in die Kerstyd voorgelees, 'n profesie wat die koms van die Messias aankondig.  Hierdie beskrywing van Jesaja onthul na alle waarskynlikheid die meeste oor esus Christus in die hele Ou Testament.  Hy vertel sy mense wat in ballingskap is, en ook vir ons, dat die Messias as 'n mensekind gebore sal word, en tog sal hierdie kind die heilige Seun van God wees. Sy Name dek ons lewens:

as ‘Wonderbare Raadsman', Hy is volkome wysheid (kyk 1 Korintiërs 1:30)

as ‘Magtige God’, Hy gee alle krag (kyk Filippense 4:13);

as ‘Ewige Vader', Hy is liefde (kyk John 14:20);

as ‘Vredevors', Hy is vrede wat alle verstand te bowe gaan (kyk Filippense 4:7).

Hierdie eeue oue profesie herinner ons daaraan dat dinge nie net lukraak gebeur nie en dat Christus nie net toevalling na hierdie wêreld toe gekom het nie. God het daardie spesiale oomblik in die geskiedenis van die mensdom self gekies as die middelpunt van tyd self. Alles wat voor Christus se geboorte gebeur het, lei tot daardie heilige oomblik; en alles wat daarna gebeur, word tot in ewigheid daardeur geraak. Ons wêreld sou nie dieselfde gewees het as Christus nooit gebore is nie. Die tyd en plek van sy koms was nie net per toeval nie. Daardie oomblik is so deur God gekies sodat ons lewens verander en herstel kan word en ons met die kennis wat ons vandag van Jesus het, ingelig kan leef. Met ander woorde, alles het 'n doel, 'n plan, gebeur op 'n spesiale tyd en het betekenis.

Gebed: Hemelse Vader, dinge wat in ons lewens gebeur is nie net per toeval nie. U het dit so beplan sodat ons by u koninkryk betrokke kan wees. Openbaar vandag aan ons wat U wil hê ons moet doen ter uitbreiding van u koninkryk hier op aarde. Amen

Previous article: Vers n dag - 10 September 2012 Prev Next article: Vers n dag - 6 September 2012 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.